Wednesday, October 15, 2008

Lewens Doel. deur Solly Ozrovech

Lewens doel: deur Solly Ozrovech

“Leer ons ons dae so gebruik dat ons wysheid bekom” ps. 90:12

“Jou lewe moet ‘n doel hê. Hierdie gedagte moet boaan jou sakelys van elke dag staan. ‘n Mens moet iets hê waarna hy streef, waarvoor jy werk, waarna jy reikhalsend uitsien. Bevestig jou doelwit vir elke dag en strewe onverpoosd daarna.”

Jy moet terdeë besef dat jy sonder geloof totaal verlore is. Dit is die beginsel of vertrekpunt van elke dag. ‘n Beginsel is ‘n eerste ding waardeer al die ander dinge bepaal word. God is die beginsel van die heelal, die Alfa. Wees daarom daagliks van God bewus. Vertrou Hom vir die geringste dingetjies en elke dag sal ‘n geloofsavontuur van heerlike opwinding wees.

Die teenoorgestelde van geloof is vrees en dit is ‘n vyand wat ons daagliks martel. Identifiseer elke dag jou vrees sodat dit jou nie voortdurend regeer nie. Maak jou dagspreek die woorde van Hebreërs 13:6 …”die Here is my helper, ek ken geen vrees nie: wat kan ‘n mens aan my doen?” Leer om lief te hê; om God bo alles lief te hê: jou huisgenote, jou werksgenote en jou landgenote. Liefde dryf die vrees uit ons lewe uit: waar liefde is, is daar geen vrees nie, maar volmaakte liefde verdryf vrees….(1Joh. 4:18).

Elke dag is ‘n vakleerlingskap of proeftydperk vir ewigheid. Die lewe grens aan die ewigheid en is ‘n voorbereiding daarvoor. As ek elke dag reg tel en die tyd uitkoop; as ek lewe soos die Heiland dit van my verwag, leef ek nie meer in vrees vir die ewigheid nie.

Probeer vir ‘n paar weke om elke oomblik van elke dag op ‘n konstruktiewe wyse te benut. Moenie verbaas wees as jy dan spoedig by daardie groep mense aansluit wat ‘n gesindheid van liefde teenoor die lewe ontwikkel nie, wat elke dag gelukkig is, wat elke dag met ‘n glimlag op die gesig en diepe dankbaarheid in die hart tegemoetgaan. Hou daarom die gebed in jou hart: “leer my my dae so gebruik dat ek wysheid bekom!”

Monday, October 13, 2008

Geloofs strukture
Psa 24:4 Hy wat rein van hande en suiwer van hart is, wat sy siel nie ophef tot nietigheid en nie vals sweer nie. Psa 24:5 Hy sal seën wegdra van die HERE en geregtigheid van die God van sy heil.Die Woord van God is n woord van hoop en beloftes. Die boodskap is een van oorwinning in elke opsig van ons lewe. Vir elke menslike gevoel is daar n oplossing in God se Woord. Slegs God se volmaakte plan in ons lewens bring volmaakte vrede.Daar is dalk ander mense soos ek wat ook glo dat God doen wat Hy beloof, maar kort kort voel ek dat ek Hom bietjie moet help. Ek bid oor n saak en glo dat God gaan voorsien en dan begin ek werk om die rigting van die hulp te bepaal en dit bietjie vinniger te maak. God moet baie keer afkyk en glimlag as Hy sien hoe ek poog om dinge te laat gebeur wat Hy klaar laat gebeur het.As mens na Psalm 24 kyk het dit te doen met die verskuiwing van die vebondsark na Jerusalem. Die ark was die simbool van God se teenwoordigheid onder die volk. Net volkome toegewydheid aan God kan ons die lewe gee van oorwinning. Net n volkome toegewyde priester kon in die allerheiligste ingaan. Dawid was so opgewonde om die ark terug te kry in Jerusalem dat hy nie gedink het aan die voorwaardes van God se teenwoordigheid nie. Ons moet heilig leef. Net so raak ons opgewonde oor iets wat in ons lewens moet gebeur, maar die strukture in ons lewens maak dit onmoontlik vir God om in die huidige omstandighede te seen.Sa 6:6 En toe hulle by die dorsvloer van Nagon kom, het Ussa sy hand uitgesteek na die ark van God en dit vasgehou, want die osse het gestruikel. 2Sa 6:7 Daarop het die toorn van die HERE teen Ussa ontvlam, en God het hom daar getref oor dié vergryp, sodat hy daar by die ark van God gesterf het. Dit het my weereens laat besef hoe hoog God sy verhouding met ons ag. Hy wil eerste in ons lewens wees sodat Hy sy liefde en seen aan ons kan skenk.1Sa 7:3 Maar Samuel het met die hele huis van Israel gespreek en gesê: As julle met jul hele hart julle tot die HERE bekeer, verwyder dan die vreemde gode en die Astartes onder julle uit, en rig julle hart op die HERE en dien Hom alleen; dan sal Hy julle red uit die hand van die Filistyne. Samuel se hier vir die volk om die strukture in orde te kry, sodat God in hulle midde kan beweeg. Maak huis skoon.In Psalm 24 verwys Dawid dat die strukture van ons lewens so opgestel moet wees dat God ons kan seen.God se vereiste"Hy wat rein van hande en suiwer van hart is"God se belofte."Hy sal seën wegdra van die HERE"Ek het weer begin om te kyk hoe lyk die omstandighede en strukture waarin ek verwag om God se seen te ontvang. Ek moes bely voor God dat my strukture nie opgestel was om sy heerlikheid en teenwoordigheid te ontvang nie. Soos Dawid moes ek terug staan en besef dat God se oorvloedige seen slegs plaas vind in God se teenwoordigheid.Die vraag wat ek moes antwoord was:1. Hoe lyk my besigheids strukture vir God se teenwoordigheid.2. Hoe lyk my familie strukture vir God se teenwoordigheid.3. Hoe lyk my verhoudings strukture vir God se teenwoordigheid.4. Hoe lyk my woning strukture vir God se teenwoordigheid.5. Is ek bereid om nee vir n groot besigheidstransakies te se waaroor ek lank gebid het en baie nodig het omdat die mure om my tuimel van bankkrotskap, maar God pas nie in daardie strukture in nie.Geen oorwinning sal ooit n oorwinning sonder God wees nie.Joh 3:16 Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hêDankie Here.
Posted by JesusKrygers at 10:10 AM 0 comments
Thursday, July 24, 2008

Stryd van die Woord van God
1Pe 2:11 Geliefdes, ek vermaan julle as bywoners en vreemdelinge om julle te onthou van vleeslike begeertes wat stryd voer teen die siel; 1Pe 2:12 en hou julle lewenswandel onder die heidene skoon, sodat as hulle van julle kwaad spreek soos van kwaaddoeners, hulle op grond van die goeie werke wat hulle aanskou, God kan verheerlik in die dag van besoeking. 1Pe 4:4 Daarom vind hulle dit vreemd as julle nie saamloop in dieselfde uitgieting van losbandigheid nie, en hulle laster. 1Pe 4:5 Hulle sal rekenskap gee aan Hom wat gereed staan om die lewende en die dode te oordeel. Ek hoor al meer as ek met mense deel, dat hulle in n stryd is oor ander godsdienste. Baie van die verskillende godsdienste kom so vroom en so opreg voor. Dit is iets wat ons as kinders van God na hunker as ons na hulle kyk. God se Woord stel dit egter duidelik gat n groot onderskeid is nl. Jesus Christus, wat volgens die Woord die enigste weg tot die ewige lewe besit. Die Woord was in die begin en die Woord was by God en die Woord was God.As al hierdie faktore dieselfde gebly het, beteken dit net een ding, die mens aanvaar nie die Woord nie.2Pe 2:1 Maar daar was ook valse profete onder die volk, net soos daar onder julle valse leraars sal wees wat verderflike ketterye heimlik sal invoer, en ook die Here wat hulle gekoop het, verloën en ‘n vinnige verderf oor hulleself bring; 2Pe 2:2 en baie sal hulle verderflikhede navolg, en om hulle ontwil sal die weg van die waarheid gelaster word; 2Pe 2:3 en uit hebsug sal hulle met verdigte woorde voordeel uit julle trek. Oor hulle is die oordeel van lankal af nie werkeloos nie, en hulle verderf sluimer nie. Onlangs het n egpaar met 2 jong kinders my gevra, hoe hulle hulle kinders gaan oorreed dat Jesus Christus die Seun van God is. Op skool word hulle geleer van jongs af oor godsdiens verdraagsaamheid. Dat een Godsdiens nie bo n ander staan nie.Petrus beantwoord hulle wandel met die woorde:2Pe 2:17 Hulle is waterlose fonteine, miswolke voortgedrywe deur ‘n stormwind, vir wie die donkerheid van die duisternis vir ewig bewaar word. 2Pe 2:18 Want deur trotse woorde vol onsin uit te spreek, verlok hulle deur begeerlikhede van die vlees en ongebondenheid die wat waarlik die mense ontvlug het wat in dwaling wandel. 2Pe 2:19 Hulle belowe vryheid aan hulle, terwyl hulle self slawe van die verdorwenheid is; want waar ‘n mens deur oorwin is, daarvan het hy ook ‘n slaaf geword. God se Woord is ons maatstaf. Baie keer word ek gevra hoekom ek no glo. My antwoord is, as ek dit verloor dan het ek niks nie. Ek ken God as my redder, leidsman, vredevors, sterke God en ewige Vader. N lewe sonder sy nabyheid en wandel in my lewe, beteken vir my niks nie.Eeen ding weet ek. In myself is ek niks nie, maar met God in my kant is ek tot alles in staat.1Pe 5:6 Verneder julle dan onder die kragtige hand van God, sodat Hy julle kan verhoog op die regte tyd. 1Pe 5:7 Werp al julle bekommernis op Hom, want Hy sorg vir julle.
Posted by JesusKrygers at 5:53 PM 0 comments
Monday, June 30, 2008

God die begin en einde.
Joh 3:8 Die wind waai waar hy wil, en jy hoor sy geluid, maar jy weet nie vanwaar hy kom en waarheen hy gaan nie. So is elkeen wat uit die Gees gebore is.Om toe te laat dat God se Gees in ons werk, vat n totale oorgawe aan God. My gebede is om God se teenwoordigheid in my lewe te he elke minuut van elke dag. Dit verg egter dat ek beheer moet vat van my denke. Vir jare het ek gevoel dat ek God moet help om my lewe in orde te kry. Die resultate was dat ek situasies gevat het waarin God nie verheerlik kan word nie en probeer het om God se vrede in dit af te bid.Geloof begin in God en eindig in God. Ek moet n wilsbesluit neem om God te vertrou.Heb 12:12 Daarom, rig die slap hande en die verlamde knieë weer op;Heb 12:13 en maak reguit paaie vir julle voete, sodat wat kreupel is, nie uit lit raak nie, maar liewer gesond gemaak word.Die skrywer van Hebreurs rig hierdie woorde uit n noodsituasie. n Besluit word geneem om nie verder na die situasie te staar nie, maar om God te verheerlik (rig slap hande op), bid en soek God se aangesig op (rig verlamde knieë weer op).Geen mens kan jou lewe verander nie. God is ons Vader en alles wat ons besiten verkry is deur God se ganade vir ons.
Posted by JesusKrygers at 9:55 AM 0 comments
Monday, June 2, 2008

Deur wie word ek gelei?
Exo 24:7 En hy het die boek van die verbond geneem en dit voor die ore van die volk gelees. En hulle het gesê: Alles wat die HERE gespreek het, sal ons doen en daarna luister.
Om in die teenwoordigheid en wil van God te wandel is seker die wonderlikste ervaring wat ons as kinders van God kan he. Dit is egter vir my verbasend hoe vinnig ons voel ons het die mylpaal bereik die oomblik wat dit begin goed gaan in ons lewens. Elke mens streef na sukses en n beter lewe vir hom/haar. As ons finansieel geseen word, word ons so baie keer die persoon wat voel die geld behoort aan ons en dit word n guns wat ons aan andere doen as die Heilige Gees met ons praat om n werk, persoon of instansie te ondersteun. Terwyl Moses in hulle geledere was en die volk totaal van God afhanklik was, was hulle gretig om n belofte aan God te maak. “Alles wat die HERE gespreek het, sal ons doen en daarna luister” Hoe maklik was dit vir die volk om na alles wat God vir hulle gedoen het hierdie woorde te kon uiter.
Exo 32:8 En hulle het gou van die weg afgewyk wat Ek hulle beveel het. Hulle het vir hulle ‘n gegote kalf gemaak en daarvoor neergebuig en daaraan geoffer en gesê: Dit is jou gode, o Israel, wat jou uit Egipteland laat optrek het.
Hierdie teksvers laat my dink aan die mens se begeerte om in beheer van sy eie lewe te wees. Die goue kalf is dit wat ons keer op keer uit God se wil vat. Die vrese om nie in beheer te wees nie, maak dat ons aardse sekuriteite opbou en dan glo dat dit die voertuig is wat ons deur die lewe gevat het. Die vraag wat by my opkom is wat is my goue kalf? Is dit my werk? Is dit n persoon? My bank? Nadat hulle die kalf gemaak het, het hulle hom geprys as die god wat hulle gelei het uit Egipte uit.
God gee ons egter die wondelike beloftes uit Sy Woord:
Deu 26:17 Vandag het jy die HERE laat verklaar dat Hy vir jou ‘n God sal wees, en dat jy in sy weë moet wandel en sy insettinge en sy gebooie en sy verordeninge moet hou en na sy stem moet luister.
Jes 46:3 Luister na My, o huis van Jakob en die hele oorblyfsel van die huis van Israel, julle wat deur My gedra is van die moederskoot af, opgeneem is van die geboorte af;
Jes 46:4 en tot die ouderdom toe is Ék dieselfde, ja, tot die grysheid toe sal Ek julle dra; Ék het dit gedoen, en Ék sal julle opneem, en Ék sal dra en red.
Heb 13:5 Julle gedrag moet vry van geldgierigheid wees. Wees tevrede met wat julle het, want Hy het gesê: Ek sal jou nooit begewe en jou nooit verlaat nie.
Die goue kalf het my al keer op keer gefaal. Nog steeds se God ons moet Hom vertrou. Hy sal vir ons n God wees en Hy sal ons lei. Watter groot belofte het ons nie in ons Vader nie.
Gal 2:20 Ek is met Christus gekruisig, en ék leef nie meer nie, maar Christus leef in my. En wat ek nou in die vlees lewe, leef ek deur die geloof in die Seun van God wat my liefgehad het en Homself vir my oorgegee het.
Posted by JesusKrygers at 11:08 AM 0 comments
Tuesday, May 27, 2008

Ons is deur God gemaak om te gee.
1John 3:17 Maar wie die goed van die wêreld het en sy broeder sien gebrek ly en sy hart vir hom toesluit, hoe bly die liefde van God in hom?1John 3:18 My kinders, laat ons nie liefhê met woorde of met die tong nie, maar met die daad en in waarheid. Meeste van ons kan oor ons lewe uitkyk en se dat God waarlik goed is vir ons. Ons huise, motors, kindres se skole en lewensstyl is n sprekende voorbeeld van God se goedheid.Joh 3: 17 het my doel as kind van God weer uitgebring en my met hartseer van my eie lewe aangekla. Hoeveel kan ons besit, sonder om vir God te se: "Here alles wat ek besit behoort aan U.2Kor 9:8 En God het mag om alle genade oorvloedig oor julle te laat wees, sodat julle altyd in alle opsigte volop kan hê en oorvloedig kan wees tot elke goeie werk. God seen ons so dat ons in alle opsigte oorvloedig kan wees EN oorvloedig kan skenk aan hulle wat nood is.Solariteit het hierdie foto's bekendhemaak, My eerste vraag is , wat ek kan doen Here.Kyk na die foto's en vra jouself, wat kan ek doen.http://www.helpendehand.co.za/armoede/gallery.htmMag God ons seen omdat ons bereid is om te seen.Ek bid dat God ons lei en ons n hart gee van liefde en omgee.My misie en visie is dat God ons n hart van omgee en liefde gee. Dat ons, ons beursies aan God toewy en Hom vertrou om herlewing en wonderwerke te doen.Mag die Here se seen oor ons lewe en families wees.
Posted by JesusKrygers at 9:34 AM 0 comments
Monday, May 26, 2008

Herlewing in God se teenwoordigheid
Exo 33:15 Toe sê hy vir Hom: As U nie self meegaan nie, laat ons dan nie hiervandaan optrek nie. As n persoon wat n stadium in my lewe weg beweeg het uit God se teenwoordigheid en sonder Sy nabyheid was, kan ek verstaan wat Moses in hierdie woorde se. As God nie met ons is nie tevergeefs werk die arbeider. Moses maak n stelling wat op ons hedendaagse lewe van toepassing is. In vers 16 se Moses dat die feit dat God met ons is, is die verskil tussen ons en ander mense wat op die aarde wandel. As God nie met ons is nie, dan is ons lewe net soveel werd as die godelose.Ons kan herlewing onder die kinders van God sien in die afgelope paar maande. Dit is asof mense n groter behoefte het om God se hand in hulle lewens te sien. Ek hoor van magtige herlewing in Afrika, Kanada, Rusland en Amerika. Ons behoefte om terug te beweeg in God se teenwoordigheid en sy Gees in ons lewens en omgewing te voel is dit wat toelaat dat God Sy herlewing kan bring.Herlewing begin eerste by ons, dan by ons plek van aanbidding of bediening. Soveel mense hardloop agter herlewing aan. Ek hoor van predikers wat Torronto toe gaan omdat hulle gehoor het God is besig met wonderwerke daar. Herlewing begin in ons harte.As jy kan toelaat dat God beheer vat oor jou hele lewe en toelaat dat God weer die hoof van die familie word, dan is ons besig met herlewing. In Handelinge lees ons dat die dissipels op die Heilige Gees moes wag, voor hulle met God se werk kon begin. Herlewing in Handelinge is veroorsaak deur herlewing onder die dissipels.Hand 1:8 maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judéa en Samaría en tot aan die uiterste van die aarde. Nadat herlewing onder die Heilige Gees plaasgevind het, het hulle harte, lewens en materiele dinge aan God se Gees gehoorsaam geword. Dit was beter in God se teenwoordigheid as daarsonder.Hand 2:41 Die wat toe sy woord met blydskap aangeneem het, is gedoop; en daar is op dié dag omtrent drie duisend siele toegebring.Hand 2:42 En hulle het volhard in die leer van die apostels en in die gemeenskap en in die breking van die brood en in die gebede.Hand 2:43 En vrees het op elkeen gekom, en baie wonders en tekens het deur die apostels plaasgevind.Hand 2:44 En almal wat gelowig geword het, was bymekaar, en het alles gemeenskaplik besit.Hand 2:45 En hulle eiendomme en besittings het hulle verkoop en die opbrings onder almal verdeel, volgens wat elkeen nodig gehad het.Hand 2:46 En dag vir dag het hulle eendragtig volhard in die tempel en van huis tot huis brood gebreek en hulle voedsel met blydskap en eenvoudigheid van hart geniet, JesusKrygers is n wandel saam met God in God se teenwoordigheid onderleiding van Sy Gees.Kom ons wag op herlewing in ons harte vir herlewing in ons gemeenskap.
Posted by JesusKrygers at 8:32 AM 0 comments
Wednesday, May 7, 2008

Nog MMC getuienis vanaf Greytown
Ek het die volgende e-pos ook van iemand anoniems ontvang. Ek plaas dit hier en hoop dit is vir julle ook so groot seen soos wat dit vir my was.
MMC
18 – 20 April 2008
In Markus 11:22, sê Jesus "Have faith in God". En na die naweek weet ek dat dit moontlik is om op blinde geloof te funksioneer en te lewe. Oom Angus, die ou van faith like patatoes, hardloop 110% op geloof en ek wens ek het 'n fraksie van sy geloof gehad. Ek wens dat almal van ons sulke geloof kon hê, maar ek werk daaraan.
MMC, mighty men conference, het gegaan om die mans van hierdie land weer hulleself terug te gee. Dit het gegaan om die families van die God weer te kom oprig om hierdie land te kom verander deur in die kombuis te begin. Die tema was "Dying to live", soos in Gal 6:20 staan, ons is dood maar ons lewe. Ons lewe in Christus en ons leef omdat hy uit liefde vir ons sondes gesterf het. Ons mans het slap begin raak en die hele wereld begin blameer vir die hele wereld en sy probleme. Dis tyd dat ons begin regop staan en met volle bors begin loop en mense in die oë kyk. Ons is die prinse en ons moet so begin optree. Dis tyd dat ons ons plekke inneem as hoof en priesterhoof van ons huise. Dis tyd dat ons begin glo. Glo soos in Markus 11:22. 'n Tipe geloof wat berge kan verskuif en dinge sal doen wat net ongelooflik is. Faith is believing in something you can not see. And the reward of faith is seeing what you have believed in.
So hoe was die MMC vir my? Wel daar is nie eintlik woorde hiervoor nie. Mens kan nie eintlik dit opsom in 'n paar woorde nie. Beskrywings soos "life changing", "redifing your faith", "empowering" en "eye opening" kom naby, maar dit was meer as dit. Ek het sommer baie van geloof geleer en ook oor verhoudinge. Die oggend toe ek in daai tent sit kon mens nie anders as om te besef dat God groter is as die heelal nie. Nou net om julle 'n idee te gee. Moreleta se groot kerk is groot en vat seker tussen 7000 en 10000 mense, loftus vat so 45000 mense en daar sit ons in die grootste tent in die wereld, wat 30000 plus mense vat. 'n Tent wat 4 rugby velde groot is en wat se seile alleen 200 ton weeg, wat met iets soos 17 trokke aan gery is en wat 2 weke of so vat om op te slaan. 'n Tent wat nog net 4 keer of iets opgelaan is in die wereld, van wee die koste daaraan verbonde. En hier sit ons op 'n vrydagaand, nie in die tent nie maar buite want die tent is vol en dit lyk of daar meer mense buite die tent sit as binne, en Saterdagaand was daar nog meer mense. En die beste is, alles is betaal. Ons sit op ons eie stoele so 15 meter van die tent se rand af, ander manne staan, ander manne sit op die grond en Angus praat met passie. Soos 'n vuur wat brand binne in hom wat nie geblus kan word nie. Hy getuig meer as preek en sê goed soos "I'm not the rainmaker, I'm the rainmaker's son!", en dan skreeu hy AMEN, en dan skreeu al die mans AMEN soos een man en die klank weergalm oor die vlaktes en dit gee jou hoendervleis tot in jou beenmurg in. In die verte kom die manne nog in. Hulle hou nie op nie. Na die diens, so 22:00 toe kom hulle nog in tot seker so 23:00. Soek kamp plek, en die ouens kamp enige plek. Hierdie is 'n army, 'n mighty army, 'n holy army en ek dink aan die dae van die ou testament waar die manskappe in die duisendes was en seker presies so gelyk het. Dit maak my opgewonde en daar is 'n elketriese gevoel in die kamp. Dit het vir my gevoel asof ek deel was van 'n army, mighty warriors wat besig was om hulle wapens skoon te maak, nuwe strategië te beplan en om gereed te maak vir oorlog. Soos in die fliek Gladiator of in Braveheart, met die manskappe in 'n oop veld in tente met hulle perde. Ons perde was net groter en blinker as hulle perde, lol. En Sondag het die koning van alle konings geskreeu "FREEDOM", en al sy manskappe is terug na hulle eie battlefields, slagvelde, gewapen, gepanser en alreeds in oorwinning. Die koningkryk moet terug geneem word en verlore grond moet terug geeis word. Hoekom het al hierdie manne saam getrek, uit hulle eie vrye wil, in al hulle besige skedules, van oorals, kaap, vrystaat, Namibie, Zambië, Zimbabwe, letterllik reg oor Afrika, reg oor die wereld. Daar was Amerikaaners en Ausies? Manne van alle nasies, manne van alle klasse en kleure en manne van alle ouderdomme? Wat was die rede? Net vir een rede, Jesus. Vir Jesus en deur Jesus.
En as ek weer daaroor dink smile ek terselfdetyd want iets is aan die gebeur. Dit gee hoop, hoop vir ons land, vir manne en vir gewone mense, ons moet net glo. 60000 mans, maal dit met 4, dis 240000 mense wat direk of indirek daar was. Dis 'n mighty army. Dis soos Angus sê "We are not at the beginning of a revival, we are IN revival!". Mat 6:33 sê "Soek alle eers die koningkryk en wil van God en al hierdie dinge sal vir julle gegee word". Ons was daar om die koningkryk van God te soek.
Ek wil afsluit met iets persoonliks wat op die kamp gebeur het. En ek voel dis baie belangrik en daarom wil ek dit met julle deel. Sondag oggend toe praat Angus oor Stilte tyd. Iets wat 15:7 As daar by jou ‘n arme is, een uit jou broers, in een van jou poorte, in jou land wat die HERE jou God jou sal gee, dan moet jy jou hart nie verhard en jou hand nie toehou vir jou arm broer nie.