In Gen 42:36 roep Jakob uit " Alles is teen my."
As ek kyk na die situasie waarin Jakob was, sou dit moonlik gewees het dat ek saam met hom stem. Sy seun Josef is weg, sy seun Simeon is weg, die koning wil sy seun Benjamin he en hy is vasgevang in n droogte van 7 jaar.
Dit was sy situasie wat hy kon sien. As ons egter kyk waarmee God besig was is die teenoorgestelde besig om te gebeur.
Josef was koning, Simeon was veilig, Benjamin was veilig en die droogte was verby.
Hoe baie keer roep ons uit dat alles teen ons is, maar wat egter besig is om te gebeur is dat God besig is om ons te seen.
Paulus stel dit in Rom 8:25 " Maar as ons hoop wat ons nie sien nie, dan wag ons daarop met volharding."
Rom 8:31 " Wat sal ons dan van hierdie dinge se? As God vir ons is wie kan teen ons wees?"
2 Kor 4:18 " omdat ons nie let op die sigbare dinge nie, maar die onsigbare; want sigbare dinge is tydelik, maar die onsigbare ewig."
Weet dat die Vader werk in die "Alles is teen my" tye.
Thursday, February 21, 2008
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment