Gebed van Jabez: 1 Kronieke 4:10
Jabez het die God van Isreal aangeroep met die woorde:
“ Stort u seën oor my uit,
vergroot my grondgebied,
neem my onder u beskerming en weerhou onheil van my
sodat geen smart my tref nie”
Bid die volgende gebed elke oggend en aand en voorspoed sal altyd met jou wees.
Here stort u seëninge oor my
- Here seën my gedagtes(dat ek elke gedagte gevange neem en nie toelaat dat ek deur my gedagtes sondig nie,
- Here seën my familie (my vrou, my kinders, my ouers en skoon ouers, my broers en susters, half en skoon broers en susters, en my broers en susters in die gees)
- Here seën my dat ek my doel in die lewe bereik
- Here seën my besigheidsprojekte
- Here seën my passsie en menswees
- My vermoëns om positief te wees
- My vermoeëns om mense positief te maak
- My vermoëns om besighed te bou
Here vergroot my grond gebied
- Here vergroot my besigheids projekte
- Here vergroot my besigheidsgeleenthede
- Here bring vir my nuwe besigheid, uit die noorde, uit die suide, uit ooste en uit die weste.
- Here vergroot my vermoëns om
- Helder te dink
- Met wysheid te dink
- Met liefde te dink
- Met kreatiwiteit te dink
- Verby die normale te dink
- ‘n paradigma verskuiwing in my besigheids benadering te hê
Here weerhou boosheid van my
- Here Weerhou verkeerde gedagtes van my
- Here weerhou my van verkeerde sake vennote
- Here weerhou my van mense met verskuilde agendas
Here laat geen pyn my tref nie en laat ek nie pyn veroorsaak nie
- Here help my dat ek nie mense veroordeel nie
- Dat ek nie kwaad met kwaad vergeld nie
- Dat my mense verhoudings met integriteit sal wees
- Dat ek nie mense te na sal kom nie
No comments:
Post a Comment