Tuesday, February 26, 2008

Vandag se "Highs" en "Lows"

Soos baie mense gaan my lewe deur geestelike "highs" en "lows". Die feit dat ek onsettend lief vir die Here is, is bo enige twyfel . Gister was egter n dag wat ek soos Paulus gevoel het en ook wou se: "Want die goeie wat ek wil, doen ek nie, maar die kwaad wat ek nie wil nie, doen ek" Rom.7:19

Die goeie is om God by Sy woord te vat en dit wat geskryf staan te glo sonder om te twyfel. Dit is wat ek wil doen. Wat egter gebeur is dat omstandighede wat teen geloof staan n gesags possisie kry in my lewe, wat hulle nie verdien nie. Dus die kwaad wat ek nie wil doen nie ( ongeloof ), dit doen ek. As ek egter n koerant oop maak of n draai in die stad gaan ry, besef ek dat ons die grootste "high" het. Ons ken Jesus.

As ek weer terug gaan na Filipense toe, lees ek in Fil. 4: 6: "Wees oor niks besorg nie, ..."
Fil. 4:7 " En die vrede van God, wat alle verstand te bowe gaan, sal julle harte en julle sinne bewaar in Christus Jesus."

Die wereld is op soek na vreugde en vrede. As ons as kinders van God dit nie het nie, waar moet hulle dit kry?

Wat doen ons om vrede en vreugde te ondervind?

My gebed vir vandag is om God se vreugde en vrede in hierdie dag te ondervind en uit te leef wat alle verstand te bowe gaan.

No comments: