Die tema pas glad nie bymekaar nie. Vrees en geloof, benoudheid en geloof, angstigheid en geloof, onsekerheid en geloof. Tog is hierdie dinge waarmee ek elke dag worstel. Ek wens ek kon se ek leef bo enige vleeslikke gevoellens of gedagtes. As ek egter aan my Vader dink en hoe onsettend lief ek vir Hom is, besef ek hoe klein is my "GROOT" probleme. God wil he ons moet hemelse geestelike ervarings ondervind in ons aardse wandel. Die Woord van God is dit wat ons vrymaak.
In Kol. 3:16 "Laat die woord van Christus ryklik in julle woon in alle wysheid."
Ryklik beteken sonder tekort, dus baie van Christus se woord moet binne in ons woon. Met wysheid beteken ons weet wat God kan doen oor wat met ons gebeur en kan gebeur.
Vrede, kalmte en versekering kan net kom as ons werklik op God vertrou. Paulus skryf aan die gemeente van Galasiers in Gal.3:3 "...Nadat julle met die Gees begin het, eindig julle nou met die vlees."
Ek kan God vertrou met die redding van my siel, maar nie met die redding van my finansies, siekte, kinders en my huwelik nie. Ek het met n skok besef dat Paulus hier met my praat. Ek begin my dag met die Gees en wandel die res van die dag in die vlees van bekommernis.
Fil.4:19 "En my God sal elke behoefte van julle vervul na sy rykdom in heerlikheid deur Christus Jesus."
Sunday, February 24, 2008
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
1 comment:
Partykeer pak al die emosies memse op dieselfde tyd. Baie waar gevolgtrekking
Post a Comment